welkom

Wat het vuurpyle met die finansiële markte uit te waai? Nie veel nie behalwe dat persone met 'n wiskundige of wetenskaplike agtergrond wat modellering doen as "rocket scientists" bekend staan. Ander benamings is "quants" of te wel kwantitatiewe analiste.

Ek heet u dus welkom by quantonline.co.za, die kuberruimtelike tuiste van Finansiële Chaos Teorie (FCT). Ons is onafhanklike konsultante in die finansiële afgeleide markte. Ons het meer as 17 jaar praktiese ondervinding in die modellering en waardering van finansiële instrumente. Ons is professionele waardeerders van finansiële instrumente en gee onafhanklike markgebaseerde waardes soos voorgeskryf deur IFRS. Ons gebruik kwantitatiewe analise, finansiële wiskunde en dus ook "vuurpylwetenskappe" in ons berekeninge.

wat ons doen
Onafhanklike waardasies van
    finansiële instrumente binne IFRS
Waardering van swart ekonomiese
    bemagtigingskemas (SEB)
Waardering van aandeel-gebaseerde
    vergoedingskemas binne IFRS 2
Korporatiewe-finansiering-strukture
Bou van modelle vir afgeleides
Sagteware ontwikkeling
Navorsing

agtergrond
Die tuiste van Finansiële Chaos Teorie (FCT) waar ons die ervaring en deskundige ondervinding het om ons kliënte te help met hul "vuurpyl wiskunde" in die waardering van hul finansiële instrumente en afgeleides.
 
 
 
 
lees meer

publikasies
Excel en VBA rekenaartjies
Publikasie
Wetenskaplike publikasies
Navorsingsartikels
Boeke en kursusnotas